Maggie: Ek het in 1972 in Kaapstad aangeland nadat ek en ’n paar vriende uit Londen deur Afrika hierheen gereis het. Destyds was daar nie juis goeie kaarte van Kaapstad nie, en die geografie van die stad het my totaal verwar. In my kop het Tafelberg na die “verkeerde kant” toe gewys. As buitelander neem jy amper vanselfsprekend aan dat dit na die suidekant wys. Ek het so voortgeploeter totdat een van my vriende my vertel het van hierdie outjie wat kaarte teken!
Peter: Ek was gefrustreerd met die “eerstegeslag”- Suid-Afrikaanse landkaarte, soos ek dit noem, want hulle het nie juis veel inligting bevat nie.
Aanvanklik het ek elke kaart met die hand geteken, soos in die geval van die eerste Tuinroetekaart wat my amper vier jaar geneem het om te voltooi. Dit was duidelik dat baie beskikbare kaarte deur mense geteken is wat geen navorsing gedoen het nie. Dieselfde foute is telkens op ander kaarte herhaal.