book-icon Uitgawe November 2019
Deel

Pierre sê: November 2019

akkreditasie

Verkeersknope was nog nooit prettig nie, maar die afgelope tyd gee ek nie soveel om vir die een soggens op die N2 langs die Swartrivier in Kaapstad nie. Namate jy aankruie stad toe, kan jy al van ver af sien hoe tientalle pienk grootflaminke in gelid bo die rivier wye draaie maak terwyl hulle ’n landingstrook soek.

In vlug lyk hulle sierlik, en jy verwonder jou oor hoe hulle daardie lang, swaar nekke so regop in die lug kan hou. Hulle daling aarde toe is wel minder elegant – dun bene wat al skoppend vorentoe beur, uitgestrekte vlerke wat flap-flap en dan ’n reeks komieklike pletterlandings in die vlak water reg langs die teerpad.

Ek moet mooi kophou om nie van die pad af of in die minibustaxi voor my vas te ry wanneer ek die skouspel deur my voor- en kantruit geniet nie. Ander oggende, regoor die ou Athlone-kragstasie net voor die afdraai na Jan Smutsrylaan, hang daar soms ’n blouvalk doodstil in die lug. As jy gelukkig is, sien jy hoe hy skielik afduik tot in die lang gras en dan met ’n muis of ’n akkedis in sy kloue wegvlieg.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan