book-icon Uitgawe September 2019
Deel

Redakteursbrief: Hóór die stilte

akkreditasie
Die September-uitgawe
Die September-uitgawe

Net ’n paar weke gelede was ek bevoorreg genoeg om op die rand van die Makgadikgadipanne in Botswana tent op te slaan. Diegene wat al daar was, weet dalk dis die grootste soutpanne ter wêreld. So groot soos ’n land. Verbeel jou die hele België of Lesotho is ’n reusagtige plat wit soutkors!

Dis nuwemaan en ek slaap die aand in ’n kampsak buite my tent onder ’n sterrekombers wat van horison tot horison strek.

Op die naat van my rug lê en kyk ek na Botswana-TV – satelliete in hulle wentelbaan wat ’n paar oomblikke lank die son weerkaats; verskietende sterre wat uitdoof net voordat hulle die aarde tref en die Melkweg wat langsamerhand bo my kop draai.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan