Ons as ouers sien dit elke dag: Kinders luister nie die eerste keer nie. Jy moet vir die soveelste keer sê gaan trek aan daai baadjie, want dis koud buite. Moenie met jou kaal voete op die koue teëlvloer loop nie, want môre sit jy met ’n loopneus.

Maar soms is ons grootmense ewe skuldig...

Dis Desember en ons gesin is op pad om vir ’n maand in Mosambiek te gaan kamp. My vriend Gert het ons genooi, want hulle het ’n nuwe blyplek in Vilanculos gebou – buiten dat ons ons vriende weer kan sien, sal dit ook ons eerste besoek aan dié tropiese land wees.

Die somermaande is natuurlik malariatyd, maar ek besluit, teen my beterwete, om nie enige voorkomende medikasie te gebruik nie. ’n Mens moet net sorg dat die muskiete jou nie bykom nie – en daarvoor kry jy mos insekweerder.

Ongelukkig – en eers ’n jaar of twee later – vertel ’n dokter in ’n reiskliniek vir my malariamedisyne is ononderhandelbaar. Hy het gesê as jy medikasie gebruik, is die kans net 10% dat jy malaria gaan opdoen, maar jy het feitlik ’n 100%-kans op herstel.

Ieder geval, só is ons vort Mosambiek toe – met ’n vol yskas, gelaaide kamerabatterye en ’n padkaart van Mosambiek wat omtrent tot ’n A1 oopvou. En natuurlik ’n arsenaal sonroom, want as kind was dít vir my ma net so belangrik as daardie bitter malariapilletjies wat jy moes sluk.

As jy nié medikasie gebruik nie, is die kans 90% dat jy malaria gaan kry as ’n malariamuskiet jou byt, en dan is daar boonop geen waarborg dat jy dit sal oorleef nie.

Ieder geval, só is ons vort Mosambiek toe – met ’n vol yskas, gelaaide kamerabatterye en ’n padkaart van Mosambiek wat omtrent tot ’n A1 oopvou. En natuurlik ’n arsenaal sonroom, want as kind was dít vir my ma net so belangrik as daardie bitter malariapilletjies wat jy moes sluk.

Maar malariamedisyne? Nee wat.

Die gedagte is om eers ’n paar kampplekke aan te doen op pad na Gert-hulle toe – sodoende maak ons die meeste van ons besoek. Xai-Xai is ons eerste stop en ons kampplek staan in ’n japtrap. Natuurlik bly al die daktent se gaasvensters toe sodat ons nie per ongeluk ’n rondlopermuskiet innooi nie.

Ons kan nie genoeg kry van tuisgeroosterde kasjoeneute wat die smouse aan jou verkwansel nie, en nader aan ’n droomvakansie kan dit nie.

So ’n rukkie voordat die son ondergaan, haal ek die insekweerder saam met die braaivleis vir die aand uit, want dis tyd om onsself van bo tot onder teen die muskiete te beskerm. Nie ’n enkele muskiet waag dit om selfs ’n verbyvlug te maak nie, en die insekweerder kry sommer ’n ereplek in die kruidenierswarekas.

Wanneer ons inkruip, is dit vinnig oop en toe met die gaas voor die deur. So ja, nou vir ’n veilige nagrus.

Maar aan een ding het ons nie gedink nie: Dié tyd van die jaar is dit vrekwarm in Mosambiek, en saam met die hoë humiditeit voel dit of jy nie kan asem kry nie – wat natuurlik beteken jy versmoor omtrent in ’n daktent met toe gaasvensters.

Ons maak dus die vensters oop. Dit help darem ’n bietjie, en die volgende oggend word ons genadiglik sonder enige muskietbyte wakker.

Coconutbaai net duskant Inhambane is ons volgende stop. Teen dié tyd kuier ons só lekker dat ons selfs die krapgereg op die restaurant se spyskaart oorweeg.

Gert-hulle woon teenaan een van die klein mere net voor Vilanculos en ons slaan in hulle tuin kamp op. Gert hou sy lyf toergids en ons het die vakansie van ’n leeftyd. Hy neem ons selfs met sy rubberbootjie na die Bazaruto-eilande. Dis so 10 km van die kus af, maar tussen die eilande en die kus loop sandbanke waarvan g’n mens weet nie.

Op een kol, seker so halfpad oor die kanaal, sê Gert ons moet uitklim. Jy staan in die middel van die oseaan en die louwarm water is skaars kniediep!

Omdat ek ’n voëlkyker is, stel Gert voor ek stap na een van die klein mere agter hulle plek. Dis boswêreld en hy beveel aan ek hou op die sandvoetpaadjies, want die regering is nog besig om landmyne te lig – op plekke het ons gesien dele van die veld is met rooi lint afgesper.

Dis op dié einste paadjie waar dinge die eerste keer skeef loop. Ná my laaste sluk 2M-bier sit ek die leë botteltjie in die paadjie regop sodat ek dit kan saamvat huis toe as ek terugstap. Min het ek besef die leë botteltjie het ’n markwaarde... en toe ek weer daar kom, is die botteltjie inderdaad skoonveld. Ek was nie heeltemal gereed vir diefstal in Mosambiek nie, al het ek vooraf gelees mense sal hier selfs jou tandepasta gaps. Dis glo meestal duiktoerusting wat gesteel word – iets wat ons gelukkig nie het nie.

Toe, die tweede voorval: Die nooddriehoek wat aan my Defender se bosbreker vas is, kry die laaste dag, terwyl ons die vlooimark besoek, voete.

Gelukkig is ons amper op pad huis toe en dit is nie ’n ramp nie. Op die ingewing van die oomblik besluit ek om ’n bottel hardehout as ’n aandenking te koop by die straatmark – ek was doodseker daar het “vodka” op gestaan.

Ons het besluit om die kampeerdery so lank as moontlik uit te rek, en uiteindelik het ons net een dag om huis toe te ry. Kort ná aandete val ons dus in die pad, ondanks etlike waarskuwings dat ’n mens nie saans in Mosambiek moet bestuur nie. Nee wat, ek sal net baie versigtig ry.

Alles loop voorspoedig... tot waar die pad by Inhambane vurk. Dis byna middernag wanneer ’n man in uniform ons aftrek. Hy stap om na die boswaentjie en ek hou hom dop in die truspieël terwyl hy heeltemal te lank vassteek. Eers is ek nie bekommerd nie, want alles werk soos dit moet – alles behalwe, sou ek uitvind, die een kant se nommerplaatliggie.

Die man haal sy boeteboekie uit en ek besef ek sal nou vir ’n vale moet keer: Ons het ons laaste geld uitgegee en het net genoeg uitgehou vir brandstof tot by die huis. Ek probeer ons situasie verduidelik, en vir ’n oomblik is ek nie seker of hy my verstaan nie, want daai pen is reg om te skryf.

Ons raak almal lekker rustig, maar teen slapenstyd voel dit of ’n trein oor my gery het. Dit moet seker die lang dag agter die stuur wees... maar toe tref die kouekoors my. Ek besef ek het geen benul wat in daai sogenaamde vodka was nie.

Ek wys hy moet net ’n oomblik wag, klim uit en sê ek sal die liggie sommer net hier vervang. Ek gee hom nie eens kans om in te stem nie; grawe net in die gereedskapkas en stap om na agter met ’n nuwe gloeilampie en skroewedraaier in die hand. Ek roep hom: Kyk daar, sê ek, die liggie werk weer! Gelukkig vind hy dit amusant, draai om en laat ons met rus.

Teen skemer die volgende dag ry ons Pretoria binne. Nadat ons afgepak het, meen ek dis ’n goeie tyd om ’n glasie te klink op ons Mosambiekse vakansie. Ek skink ’n stewige glasie van die Vilanculos-straatvodka.

Ons raak almal lekker rustig, maar teen slapenstyd voel dit of ’n trein oor my gery het. Dit moet seker die lang dag agter die stuur wees... maar toe tref die kouekoors my. Ek besef ek het geen benul wat in daai sogenaamde vodka was nie en jaag hospitaal toe. By die noodgevalle-afdeling gee die dokter my een kyk. “Waar was julle?”

“In Mosambiek,” prewel ek, bewend.

“O nee, gaan haal maar jou tassie. Jy slaap vanaand in die hospitaal. Ek dink jy het malaria.” Die volgende paar dae in die hospitaal is een lang koorsdroom. Ek dog ek gaan dood. Iewers in die newels hoor ek mense wat sê hoe gelukkig ek is, hoe dit amper te laat was.

Sedertdien, nog keer op keer, pak ons daai malariapilletjies heel eerste.