book-icon Uitgawe Julie 2019
Deel

RUBRIEK: Die winters

akkreditasie
Skets: Fred Mouton
Skets: Fred Mouton

y winters trek nou al by meer as 40, maar gits, ek kan nie al my winters onthou nie. Ek is op Cradock gebore net ná die winter van 1977. Ek sal my ma moet vra of dit ’n goeie sneeujaar in die Oos-Kaap se berge was of nie. Nog nooit het ek gedink aan die winter vóór ek gebore is nie – die winter toe ek binne-in my ma rondgedryf het. Warm soos ’n strandbal op die blou gesig van ’n swembad.

Die winters van my kinderdae was plaaswinters. Alles van my kinderdae was plaas. Die res van die wêreld het nie regtig bestaan nie – selfs TV het skaars die plaas bereik. Net Haas Das se nuuskas. Met hase was ek vertroud: springhase, kolhase, vlakhase. Maar nog nie dasse nie – dassies wel. Ek vermoed dat ons drie kinders in die winter meer TV gekyk het as in die somer. Sommige dae was die winter laag oor die landskap, en dit het toegetrek en ysreën gemaak. Dan het my ma dalk pannekoek gebak, of vanaand het ons melkkos geëet.

In die winter het ons klere aangetrek wat van wol gemaak is, soos handskoene, musse, serpe en balaklawas.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan