E k is op Kuruman gebore en het ook daar grootgeword. Dis ’n klein plekkie in die hart van Suid-Afrika se grootste provinsie. Snaaks genoeg is die Noord-Kaap die yl bevolkste provinsie in die land.
Dit het oneindige leegtes; ’n mens ry soms vir honderd kilometer van een dorp na die volgende en sien niks behalwe veld nie.
Ek woon al sedert 2007 in Pretoria, maar ek bly ’n dorpsmeisie met wonder-like herinneringe aan my komvandaan op Kuruman. Die meeste mense weet van Kuruman danksy die Oog – ’n bekende fontein wat tot 30 miljoen liter water per dag lewer.