In my eerste paar jaar as reisjoernalis het ek nie ’n tent besit nie en ek moes gereeld by ’n vriend een leen.
Alles het goed gegaan tot dié tent een slag langs die Pongolapoortdam buite Jozini “verdwyn” het.
Ek het gedink hy is gesteel, maar in die daglig die volgende oggend het ek hom sowat 100 m die dam in gesien. Die wind se werk.