Ek het ’n vrees vir tente. Ek is bly ek kan dit uiteindelik erken, want glo my, dit is nie maklik nie.
Ek het lank voorgegee ek is heel behendig in die natuur, selfs al was ek nooit nie. Maar ek het nie regtig ’n ander keuse gehad nie.
My pa is ’n voormalige infanterieman en kan ’n slaapsak so klein soos ’n Woolies-vrugterol oprol. Aan my ma se kant is ek ’n afstammeling van die Edenburg-Voortrekkers.