book-icon Uitgawe Oktober 2019
Deel

Ruk jou reg vir rugbykoors

akkreditasie

Die grootste rugbygebeurtenis naas die Wêreldbekertoernooi is die Britse en Ierse Leeus se vierjaarlikse toer na die Suidelike Halfrond. Die Leeus kom volgende jaar weer na Suid-Afrika en tot 50 000 van hul ondersteuners gaan na verwagting saamtoer.

Omdat Soccer City, Ellispark en die Kaapstad-stadion blykbaar die gunstelinge is vir die aanbied van die drie toetse teen die Springbokke gaan daar ’n toename in rugbygeesdriftiges wees wat na Kaapstad en Gauteng stroom. Dit gaan groot logistieke eise stel, maar ook geleenthede skep om die plaaslike toerismemark uit te stal.

Entrepreneurs wat hulle sout werd is, kan met goeie rede uitsien na die Leeus se besoek, maar ek glo daar is twee aspekte wat nou reeds aandag moet kry – die uitbreiding van potensiële toeriste-ervarings en die veiligheid van besoekers. ’n Mens kan verwag dat groot getalle van hulle die Wes-Kaap en die Krugerwildtuin sal besoek.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan