Toe & Nou: Die Birchenoughbrug, Zimbabwe – meer as 80 jaar later

akkreditasie
WAAR’S DIE OPERAHUIS? In die sewentigerjare is ’n gewigsbeperking van 40 ton op die brug geplaas, maar dit is opgehef toe die brug in 1984 breër (van 7,2 m tot 10 m) en sterker gemaak is. Sedert 2000 is daar weer ’n beperking: Net voertuie van tot 25 ton word op dié brug toegelaat.
WAAR’S DIE OPERAHUIS? In die sewentigerjare is ’n gewigsbeperking van 40 ton op die brug geplaas, maar dit is opgehef toe die brug in 1984 breër (van 7,2 m tot 10 m) en sterker gemaak is. Sedert 2000 is daar weer ’n beperking: Net voertuie van tot 25 ton word op dié brug toegelaat.

Die twee brûe is inderdaad “neefs” – al twee is deur die Britse ingenieur Ralph Freeman ontwerp. Die Birchenoughbrug is wel heelwat korter (329 m teenoor die sowat 500 m lange boog van die Sydneybrug). 

Die Birchenoughbrug oor die Savérivier is in 1935 – drie jaar ná die Sydneybrug – voltooi om die mense in die ooste van die land toegang te gee tot die sentrale distrikte van die destydse Suid-Rhodesië. Ná die bou van die brug kon Suid-Afrikaanse toeriste ook makliker by die mooi bergdistrikte in die gebied uitkom. Dit was in daardie stadium op twee na die langste enkelbooghangbrug ter wêreld. Die brug het ook later jare op die Zimbabwiese twintigsentstuk gepryk. 

Roger Whitall van die plaas Humani Ranch naby die brug vertel voordat daar ’n brug was, het sy pa, Jimmy, mense se motors met osse oor die rivier gesleep. “As hulle nie wou betaal nie, het hy die motors losgemaak en net daar in die rivierbedding gelos!” onthou Roger. Vir dié reisigers het Jimmy twee rondawels aan die dorpskant gebou vir verblyf. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan