Lord Roberts het die Union Jack (wat deur sy vrou, Nora, gemaak is) gehys, skryf Albrecht Holm en Diedré Viljoen in Mure wat praat.
Die vlag was nouliks sigbaar teen die wapen van die ZAR met die leuse “Eendragt maakt magt”.
Maar die Boere se hoofstad het amptelik geval en lord Roberts het gedink die einde van die Anglo-Boereoorlog is in sig. Dit sou egter nog twee jaar duur voordat die vrede gesluit sou word.