book-icon Uitgawe Maart 2020
Deel

Wat is ’n ‘lekker’ kampplek?

akkreditasie

Eens op ’n tyd was ’n kampplek bloot ’n ruimte waar jy tent opslaan, kosmaak, ’n vuurtjie bou en dan die natuur beleef met ’n glasie vreugde in die hand.

Tegnologiese vooruitgang het egter die kamplewe heelwat gemakliker gemaak. Natuurlik is daar nog puriste wat glo ’n ware kampeerder maak vuur deur stokkies teen mekaar te skuur en dan die verskietende vonkies aan te blaas totdat dit die dun takkies laat vlam vat. Die puriste glo ook selfone en televisie is taboe wanneer jy kamp.

Maar dan kry jy weer mense wat net sal kamp as daar wifi is en hulle kan nuus kyk en in ’n oogwink per e-pos kampfoto’s aan vriende en familie by die huis kan stuur. Hulle is gewoonlik ook die mense wat nie sonder lugreëling gaan kamp nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan