In die lente en somer sorg donderstorms vir watervalle in die woud, in die herfs ontplof elke tweede boom in vurige rooi en oranje, en in die winter val hier gereeld sneeu.
Butterfly’s Bistro is net langs die hoofpad (R345) naby die suidelike punt van die dorp. Afhangend van wat die weergode uitdeel, kan jy buite in skaduwee sit of binne naby die kaggel.
Ontbyt wissel van ’n eenvoudige eier-en-spek-broodrolletjie (R40) tot die Full Monty (R80) – eiers, spek, worsies, gebraaide tamatie, sampioene, bros aartappelwiggies... Hier is ook vegetariese (groenteschnitzel, spinasie en sampioene, met of sonder feta en ’n eier – vanaf R70) en veganistiese opsies.