Deel

Aftrekplek: Happy Hog-slaghuis, Bonnievale

akkreditasie
As jy en jou Jurgens Tuinroete toe mik van die Kaap se kant af, trek af by die Happy Hog-slaghuis op Bonnievale.


As jy en jou Jurgens Tuinroete toe mik van die Kaap se kant af, trek af by die Happy Hog-slaghuis op Bonnievale. Dié slaghuis neffens die R60 verkoop al sedert 2006 net vryloopvarkvleis. Hulle het destyds met 23 sôe en ’n beer begin, en nou is hier honderde varke!


Hier is van gewone nektjops tot meer eksotiese dinge, soos appel-en-spek-patties en spekbiltong. Kyk op die webwerf vir al die liplekker produkte.

Waar? Op die R60, sowat 11 km noord van Bonnievale.

Wanneer is hulle oop? Maandae-Vrydae 8 vm. tot 5 nm. Saterdae 8 vm. tot 3 nm. en Sondae op afspraak.

Kontak  0716591207; www.happyhog.co.za