Laasgenoemde kan enigeen wees – taxibestuurder, polisieman, die eienaar van die ysterwarewinkel oorkant die straat, of wie ook al die dorp binnery in sy skedonkbakkie (altyd wit, gewoonlik ’n Nissan).
Masisi is ’n dorpie langs die R525 wat die N1 met die Krugerwildtuin se Pafurihek verbind. Masisi is 19 km van die Pafurihek af en dis juis wat JuJu se Spazawinkel die perfekte plek maak vir ’n wegneem-braaihoendertjie vir padkos op pad terug huis toe ná jou kuier in die wildtuin.
Hoe lekker is die hoender? Dit so lekker dat jy skoon die kluts kwyt raak! Ek het daarvan geëet en moes eenvoudig die volgende dag teruggaan – selfs al was ek glad nie honger nie. My mond het bloot begin water by die blote gedagte aan die braaikiepie.