
Foto: sophieschoice.co.za
Uit die argief: Willowmore kon netsowel die hoofstad van die Baviaanskloof gewees het. Baie reisigers begin hulle toer hier; die res eindig dit hier. Vakansiegangers op pad Suidkus toe skiet ook dikwels hierdeur.
Die kanse is goed dat jy al verby Sophie’s Choice gery het. Trek volgende keer jou handrem op.
Sophia van der Merwe, die eienaar, doen baie moeite om die atmosfeer hartlik en vrolik te hou.
In die winter sit jy voor ’n kaggel en in die somer in die koel teetuin. Hier is ’n koffiewinkel, en jy kan geskenke en antiekware koop.
Kom kyk: Hier is meer kandelare as wat daar Van der Merwes in Suid-Afrika is, en geskenke (van kerse tot konfyt).
Waar? By die Keurfontein Country House buite Willowmore. Keurfontein is op die N9 geleë, 19 km vanaf Willowmore in Uniondale se rigting.
Kontak 073 140 5630; sophieschoice.co.za; facebook.com/sophiescoffeeandantiques