Die N7 tussen Kaapstad en Clanwilliam kan frustrerend wees – daar’s nie juis verbysteekplek nie en trokke kan jou reis ophou. Gelukkig is daar baie padstalle om by te stop, bene te rek en vir ’n uur of wat net te ontspan.
Kardoesie is bo-op die Piekenierskloofpas met ’n pragtige uitsig oor die Renosterhoekvallei in die weste. Hier is van klere en boeke tot robvel-vellies, maar dis die tuisgemaakte pasteie wat mense laat toustaan.