book-icon Uitgawe April/Mei 2021

Barrydale: ’n Dorp vir oorstaan

akkreditasie
The Farm Deli
The Farm Deli

Van die InKaroo-gastehuisie se voorstoep af sien ek hoe wolke teen die flank van die Langeberg afseil. Vir die dorp se onthalwe wens ek dit wil reën bring, die leiwaterdam lê halfleeg. Maar dis net wind.

Die kontras tussen hiér, in die Klein-Karoo, en skaars 20 km suid hiervandaan, in die Overberg, is skreiend as jy van die N2 af deur die Tradouwpas Barrydale toe ry: Aan daardie kant is die wêreld welig en boer mense met melkbeeste; hier maak wingerdstok en vrugteboom tussen nabankklippe op genade staat. ’n Seuntjie ry stadig op sy fiets verby en loer oor sy skouer of ek notisie neem.

Ek waai, en hy jaag skaam weg. Dis ’n lekker sit hierdie. Om die dorp te betrag terwyl die Barrydalers op ’n Maandagoggend hulle week begin. Waar die Huisrivier lê, loop ’n baan groenigheid en lappies druiwe deur die dorp. Daarmee saam weef die donker leiklipmure, geel doringboomdonsies en die blou berge kleure getrou aan die Karoo.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan