book-icon Uitgawe Februarie 2018
Deel

Bly hier: Swartberg Country Manor, Matjiesrivier

akkreditasie
Foto: Erns Grundling
Foto: Erns Grundling

Die Swartberg Country Manor op die plaas Voorbedacht het op 1 Februarie 2005 sy deure oopgemaak. Die oorspronklike plaashuis, wat 154 jaar oud is, kyk uit op ’n vyeboord en het vier gastekamers.

Maar die groot bederf is die ruim stoep. Hier kan jy behoorlik stoepsit en kyk na die uitgestrekte hange van die Swartberg. Dis een van die mooiste uitsigte in die Klein-Karoo. Jy kan selfs van hier af Thomas Bain, padmaker van weleer, se pad teen die berg uit volg.

Hier is ruim grasperke waar die jongspan kan baljaar en ’n swembad waar jy ’n siësta kan geniet. Of gaan lê in ’n koeltekol van ’n jakarandaboom.’n Ou tabakstoor op die plaas is omskep in die stylvolle Patat-restaurant, waar jy kan weglê aan Karoo-geregte soos volstuisfilet en lamskenkel. Die groente op jou bord kom byna alles uit die groentetuin op die plaas.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan