book-icon Uitgawe Augustus 2020

Boesmanland se Tentedorp

akkreditasie
Kado Markus draai staning se kant toe teen laatmiddag. Die stokkerige gras om hom is gha-gras, kenmerkend aan Boesmanland se sandvlaktes.
Kado Markus draai staning se kant toe teen laatmiddag. Die stokkerige gras om hom is gha-gras, kenmerkend aan Boesmanland se sandvlaktes.

Ek maak die Duster vol op Steinkopf en ry dan noordwaarts met die N7 tot net verby Eenrietberg. Hier draai ek regs na Henkries. Dié breë, sanderige pad loop al langs die pyplyn wat water bring van die Oranjerivier na Steinkopf, Springbok en selfs Kleinzee – dis uiteindelik ’n byna 250 km lange pyplyn. Hier woel bouwerk, want die pyplyn, wat uit 1973 dateer, word tans opgeknap.

Ná ’n ruk hou ek stil, klim uit, haal asem. ’n Warm wind waai. Ek stap 50 m na ’n kokerboom; dis rondawelgroot en die enigste ding hoër as kuithoogte hier.

Dit is laat Januarie en baie droog, maar dít is die Boesmanland.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan