Sodra ’n mens die Wildekus binnery, verdwyn teerpaaie, vulstasies met Wimpy’s, Woolies Food en hipsters. En die landskap is ewe wild: Groen heuwels strek sover die oog kan sien. Bruin riviere stoot met alle mag seewaarts. En in die valleie tussenin staan oeroue bome in kolle digte inheemse woud.
Dít alles forseer die N2 met ’n draai van Oos-Londen af binneland toe voordat dit uiteindelik sowat 530 km later weer kus toe swenk by Port Shepstone. Dit beteken jy kan nie kuslangs reis nie, mits jy ’n 4x4 het, en selfs dít is ’n gedoente en ’n half.
In enige streek is natuurreservate ongerep. Stel jou dus voor hoe afgeleë ’n natuurreservaat aan die Wildekus is!