book-icon Uitgawe Februarie-Maart 2021

Dinokeng kry nóg ’n kampplek

akkreditasie

Die eienaar, Charl Pretorius, sê die gedagte is om ’n veilige kampplek in die bos te bied sonder wilde diere. Tog is dit ’n boskamp in die ware sin van die woord, want tans is daar geen elektrisiteit of water nie. Charl-hulle beplan wel om water aan te lê sodat kampeerders lopende water by hulle staanplek het, plus dan ’n gasgeiser en spoeltoilet. Intussen moet kampeerders vir hulle eie water sorg en hier is ’n kompostoilet en ’n bosstort wat jy self moet vul.

Die terrein is meer as 10 jaar al olifantvry danksy die heining, wat beteken die bos is lieflik welig, sê Charl. Boonop is die kampplekke ingerig by die groot doppruimbome – al is dit ’n bladwisselende boom, is dit ’n uitstekende koelteboom wat amper heeljaar blare het.

Hier is altesame 20 staanplekke wat in vier groepe van 2-8 verdeel is. Hulle is ongeveer 200 m uitmekaar en buite sig van mekaar.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan