book-icon Uitgawe Desember 2020-Januarie 2021

Drie van die bestes in Dinokeng

akkreditasie

Die Dinokeng-reservaat het geen bekendstelling nodig nie. Die Groot Vyf hang hier uit, jy kan op ’n selfry-wildrit gaan, en hier is ’n groot verskeidenheid kampplekke om van te kies. En as jy in Pretoria woon, neem dit jou byna langer om kamp op te slaan as wat dit jou gevat het om tot hier te ry.

Die Covid-19-inperkingstyd het eintlik tot voordeel gestrek van die reservaat. Mense was lus vir vakansie, en die oomblik toe reis binne die grense van jou eie provinsie toegelaat is, het besoekers na Dinokeng gestroom. Die eerste naweek ná die oopstelling was al die verblyf in die reservaat beset, terwyl kampplekke vir die Desembervakansie vinnig volbespreek is.

Splinternuut

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan