book-icon Uitgawe Oktober 2019

Geheime in die Soutpansberg

akkreditasie

Dit is heerlik om heeldag langs die swembad leeg te lê by Forever Tshipise, maar soms wil ’n ou ’n bietjie gatskuur voordat die vakansie eentonig raak. Rits jou tentseil toe, spring in jou bakkie en mik suid na die Soutpansberg waar ’n paar verrassings op jou wag.

Wanneer jy van die oord af 18 km ooswaarts ry met die R525, in die rigting van die N1-snelweg, is daar ’n afdraai na links (S22.67385 E30.02589) en ’n padpredikant wat jou na Schuitdrift stuur. Dis ’n sinkplaatgeryde grondpad wat die Mutambarivier vir 10 km volg.

By die eerste pad wat links afdraai (S22.75702 E29.98918) is ’n padteken vir Nzheleledam: Neem hom. Ry oor die Mutambarivier – 10 km verder ry jy oor die Mutshedzirivier. Die pad is erg stamperig, maar as jy volhard, daag jy 7 km later by die Mufungudirivier op. Maar vóór jy die Mufungudi oorsteek, draai jy regs op die Mangwelepad (S22.75831 E30.13449).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan