Deel

Groot Parys: Dié Bolandse blyplek bekoor!

akkreditasie
Groot Parys
Groot Parys
Geborg: Wanneer jy aan die Paarl dink, dink jy onwillekeurig aan Robbie Wessels se liedjie “Iets Bekends”.

Jy neurie saam “ek het ’n meisie gaan haal in die Paarl, aan die voet van die berg waar sy bly... is dit iets in die Boland, of teen hierdie berg, wat jou so bekend maak...”

Dit is hierdie iets bekends wat die Boland - met sy wynplase, berge, kultuur, mense, taal, geskiedenis en toekoms – enig en uniek maak, en wat jou hierheen lei. Wat beter dan as om híér in die Paarl, die hartklop van die Boland, op ’n historiese wynplaas, nes te skop? Groot Parys kan dalk net daardie hartsbestemming wees. 

’n Mooi storie

Groot Parys is ’n ikoniese baken in die Kaapse wynlande. Híér, op ’n stuk grond van 14 hektaar op die plaas wat Jean le Roux reeds in 1692 begin bewerk het, word ’n leefstyl-landgoed vir 50-plussers ontwikkel. 

Wat maak Groot Parys ’n unieke en ideale keuse as beveiligde leefstyl-landgoed? Behalwe dat die landgoed op ’n historiese Bolandse wynplaas is, is daar verskeie ander voordele:

• ’n Praktiese bestemming binne vinnige bereik van alle noodsaaklike dienste en topklasbestemmings.

• Erwe en wooneenhede met uitsigte én leefareas wat noord front. 

• ’n Moderne plaasargitektuur waarby Kaaps-Karoo-ontwerp-elemente met energie- en omgewingsvriendelike praktyke geïntegreer is.

• Gemoedsrus dat die Annenberg Eiendomsgroep die ontwikkelingsvennoot is.

• Om deel van ’n landelike Renaissancegebied te wees wat beter geleë is én beter waarde bied as die meeste soortgelyke topklasbestemmings.

Altyd kuiertyd

Elke huis se stoep en leefvertrek nooi jou om agteroor te sit, jou voete te lig en rustig te raak. Hier wil ’n mens kook en kuier. Daar is vyf soorte eietitel-eiendomme om van te kies.

Huisgroottes wissel van 143 m2 tot 260 m2 en word op ruim standplase gebou. Die pryse van hierdie hoë spesifikasievlakhuise begin by R3 375 000.

Die Terra Rossa-terraswonings bied agt deeltitel-geleenthede aan diegene wat op soek is na toesluit-en-ry-eiendomme. Die terraswonings is ongeveer 131 m2 groot en pryse begin by R2 895 000.

Die bekende en suksesvolle eiendomsagentskap Greeff Eiendomme met Reon van der Merwe as prinsipaal, is by die bemarking van Groot Parys betrokke. Hier vorm pa en seun, Marius en Werner Pieters, ’n gedugte span. 

Iets bekends

“Dis asof ons jare al mekaar moes ken, dis asof ek jare jou hart al moes wen. En ons ry om die berg en die kloof en die mooi vallei. En die voet van die berg waar jy bly lyk bekend vir my,” speel die liedjie af.

As jy Groot Parys besoek, is dit asof daar iets bekends aan hierdie bestemming is. Hierdie omgewing en die mooi vallei wat so raakgevat word in Wessels se liedjie. Waar jy gestalte kan gee aan jou droom van “jou kombuis en jou tuin en jou voorstoep,” alles is by Groot Parys net ’n klipgooi van die dorp se “eikeboomlanings ... en sy groen druiweboorde” en dít alles laat dink my aan Groot Parys – want dit is daar.

Kom maak gerus ’n draai by die landgoed, besoek die webtuiste by grootparysestate.co.za of kontak Marius en Werner by sales@grootparysestate.co.za of by 082 566 0853.