book-icon Uitgawe Februarie 2019
Deel

Haak vas op Wellington

akkreditasie
Foto: Shelley Christians
Foto: Shelley Christians

‘Ek hou van die hitte,” sê Olivia le Cordeur, die bestuurder van die Wellington-museum. Ek kyk haar ongelowig aan terwyl ek die sweet van my bolip af vee op ’n warm Novemberdag. “Gee my 38, 39 ºC, enige dag!” Dis net iemand wat hier gebore en getoë is wat so praat. Die dorp se nieamptelike bynaam is nie verniet Hellington nie!

Sou die Franse Hugenote wat hulle in die 17de eeu hier in die Limietvallei kom vestig het, ook soos Olivia gevoel het? Wel, iets het hulle laat vashaak, hier in wat later die Wamakersvallei (Val du Charron in Frans) geword het en vandag die Bolandse dorp aan die voet van die Bainskloofpas is.

Ek skat dit was die uitsig: Die dorp lê in ’n halwe kom wat gevorm word deur Groenberg links, die Limietbergreeks en dan Klein- en Groot-Wellington-Sneeukop wat die Slanghoekbergreeks oorheers. Regs is die Sewe Susters van die Hawekwabergreeks wat die laaste strale van die dag so mooi weerkaats. Maar ’n mens hoef nie net heeldag daarna te sit en staar as jy hier is nie: Wellington het héélwat meer om jou te bied. Kom kyk!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan