book-icon Uitgawe April 2020
Deel

Haak (vis in die) Vrystaat!

akkreditasie

Die Bassfeather Country-lodge lê teenaan die Langspruit net buite Reitz in die Noordoos-Vrystaat. As jy van die Reitz-pad afdraai, loop die spruitjie so ’n halwe kilometer regs van die netjiese grondpad tot waar ’n damwal gebou is.

Die eienaar, Manie Fichardt, het die wal 37 jaar gelede hier in die spruit gebou juis met die gedagte om ’n plek op die been te bring waar mense rustig kan ontspan. Van hier af dam die water uiteraard op, met Bassfeather aan die ander kant teen die oewer. Anders as op die Vrystaatse vlaktes hier rondom jou, is koeltebome hier volop, en die netjiese grasperk strek tot teen die water. Hier is 23 staanplekke, en hoewel hulle genommer is, word geen plekke vooraf toegeken nie.

Elk van die gemesselde braaiplekke (elk met sy eie rooster) gee jou ’n aanduiding van waar jy kan kamp opslaan; hoe vroeër jy dus opdaag, hoe beter is jou kans om die beste kampkol te kry – veral as jy op een van die 14 staanplekke teenaan die waters wil kamp. Hier staan ook ’n paar vullisdromme elk met ’n swartsak wat elke dag vervang word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan