Hoedspruit: Die hart van die Bosveld

akkreditasie
Fly Airlink
Fly Airlink
Dis hoog tyd vir ’n safari-avontuur en dis maklik met ’n Airlink-vlug na Hoedspruit.

Min ander plekke in die wêreld is so mooi soos die Suid-Afrikaanse bosveld. Die dae begin met ’n skouspelagtige sonsopkoms, en saans word die helder sonskyndae in koel aande met helder sterre omtower. Hoedspruit is in die hartjie van Limpopo en ’n versteekte juweel onder Suid-Afrikaanse vakansiebestemmings.

As jy ’n natuurliefhebber is, hoort dit op jou moetsienlys. Hoedspruit is tussen die Krugerwildtuin en die vele wêreldklasreservate en verblyf in die omgewing. Die mooi Blyderiviercanyon is net om die draai, wat Hoedspruit die perfekte wegspringplek vir jou volgende avontuur maak.

Virgin Limited Edition, Roof gardens Kensington
Fly Airlink

Die Hoedspruit-lughawe (Eastgate) bied sleuteltoegang tot die ongerepte privaatreservate en lodges in die omgewing, soos die Kapama-privaatnatuurreservaat, die Thornybush Collection, Royal Malewane, die Karongwe Portfolio en die Goranga Safari Camp. Dit bied ook gerieflike toegang tot die Krugerwildtuin (die Orpen-hek), ruskampe in die park, sowel as konsessielodges soos die Rhino Post Safari Lodge, Plains Camp, die Hoyo Hoyo Tsonga Lodge, Hamiltons Tented Camp en die Imbali Safari Lodge.

Hoedspruit is in die hartjie van Limpopo en ’n versteekte juweel onder Suid-Afrikaanse vakansiebestemmings.

Die Thornybush Collection is ’n groep wat verblyf bied in lodges met slaapplek vir groepe van 4 tot 40. Almal is geleë in die reservaat van 14 000 hektaar. Die lodges is bekend vir hulle luukse verblyf en fantastiese etes. Wildritte (twee keer per dag) in oop voertuie beteken dat jy wild sal sien soos nog nooit vantevore nie.

Hoedspruit bied ook toegang tot Timbavati met sy luukse lodges, sowel as die andBeyond Ngala Safari Lodge, andBeyond-tentkamp, Kings Camp, die Motswari-privaatnatuurreservaat en Simbavati Safari Lodges.

Virgin Limited Edition, Roof gardens Kensington
Fly Airlink

Die Klaserie-privaatnatuurreservaat is naby die Eastgate-lughawe, wat toegang bied tot ’n verskeidenheid lodges in die omgewing. Die sluit in die Gomo Gomo Game Lodge, die Nthambo Tree Camp en Africa on Foot.

Dan is daar natuurlik die Kruger. Die wildtuin strek oor bykans 2 miljoen hektaar en is een van die grootste natuurreservate op die vasteland.

Dis ’n bosveldervaring sonder gelyke in Suid-Afrika. Die wildtuin bied verskeie verblyfopsies, ook kampgeriewe vir dié wat in die natuur wil stap (en slaap). Daar is ook goeie restaurante en piekniekplekke. Die Kruger bied ’n unieke plant- en dierlewe, wat ’n paar verrassings insluit. Dis nie net seekoeie en krokodille wat die water ’n gevaarlike speelplek maak nie, maar op ’n keer is selfs ’n Zambesi-haai (wat in sout- en varswater kan oorleef ) in die Limpoporivier binne die wildtuin opgemerk.

Dis ’n bosveldervaring sonder gelyke in Suid-Afrika...

Of jy nou die Krugerwildtuin of ’n privaatnatuurreservaat verkies, is Hoedspruit met sy indrukwekkende pad-, spoor- en lugvervoernetwerk ’n goeie plek om jou reis te begin. Die Blyderiviercanyon, wat amptelik as die Motlatsecanyon bekend staan, is binne maklike bereik van Hoedspruit.

Die canyon is een van die land se kosbaarste natuurlike besienswaardighede, en vorm die noordelike grens van die Drakensberg. Die Drie Rondawels (drie groot grasbedekte bergspitse wat soos tradisionele hutte lyk) bied die beste uitkykpunt van waar die 25 km lange canyon (een van die grootste in die wêreld) besigtig kan word. Die canyon self is in ’n natuurreservaat, wat in die suide die skouspelagtige God’s Window insluit.

Virgin Limited Edition, Roof gardens Kensington
Fly Airlink

Die Blyderiviercanyon is nie net ’n fotograaf se droom nie, hier is ook heelwat adrenalienaktiwiteite wat jy in die omgewing kan aanpak, soos kano- en buitebandritte, en warmlugballonvaarte.

Vir dié met minder waagmoed, is hier bootvaarte en wandelpaaie. ’n Besoek aan die Moholoholo-wildrehabilitasiesentrum is ook ’n unieke ervaring. Die sentrum bied skuiling aan diere wat wees, verwerp, beseer of vergiftig is, en sluit in leeus, tierboskatte, luiperds, hiënas, ratels en voëls in. Die sentrum is veral bekend vir sy tierboskatteelprojek, wat dit reeds moontlik gemaak het om 160 van dié skaars katte in omgewings vry te laat waar hulle al feitlik uitgesterf was.

Hoedspruit is ook die tuiste van die Hoedspruit-sentrum vir bedreigde spesies, ’n unieke natuurlewe-organisasie wat op skaars, weerlose en bedreigde spesies fokus. Hier sien jy hoe Lente Roode se droomprojek oor die bewaring van die Afrika-luiperd gestalte kry. Die Hoedspruit-sentrum vir bedreigde diere is ’n toonbeeld van hoe toegewyde mense die langtermynoorlewing van dierspesies moontlik maak.

Airlink is trots om plaaslike en internasionale reisigers tot in die hartjie van die bosveld te neem. Ons bied direkte vlugte na Hoedspruit van Johannesburg en Kaapstad, wat ’n besoek aan die omgewing ’n plesier maak. Danksy die gerief, uitsonderlike diens en die netwerk van vlugte binne Suider-Afrika, sal jou droomvakansie begin sodra jy aan boord van die vliegtuig stap.

Kontak jou naaste reisagent, of bespreek jou vlugte by flyairlink.com (klik op Hoedspruit onder die “Destinations”-balkie). 

Virgin Limited Edition, Roof gardens Kensington
Fly Airlink