book-icon Uitgawe Februarie 2020
Deel

Hopefield: ’n Plek om te blý

akkreditasie
Voortrekkerstraat loop deur Hopefield en verbind die twee dele wat deur die Soutrivier geskei word. Hier is geen enkele verkeerslig op die dorp nie.
Voortrekkerstraat loop deur Hopefield en verbind die twee dele wat deur die Soutrivier geskei word. Hier is geen enkele verkeerslig op die dorp nie.

Ek het die dorp nou skoon misgery. Die goue koringlande aan weerskante van die R45 het my so gehipnotiseer dat ek kwalik vir Hopefield in die effense laagtetjie langs die pad sien hurk het.

Ag tog, daar mis ek nou die tweede afdraai óók! Binne minder as ’n minuut is my skrapse blik van die dorp (’n waas van laedakhuise) wéér vervang deur nóg koringlande, struikgewasse en spookwit bloekomstamme. Dankie, Hopefield, dit was lekker om jou te ontmoet.

Selfs die inwoners stem saam: Dis maklik om hulle dorp mis te ry. (“Die R45 loop nie – soos in die meeste ander dorpe – déúr Hopefield nie. Dis ’n probleem, maar eintlik ook nie – want dis hoekom ons so baie van die plek hou,” sou John Smuts my later vertel.) Maar ’n mens kan die dorp se bykans onsigbare bestaan nie slegs aan die geografiese ligging toeskryf nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan