Lees die res van ons gids tot Tafelberg hier.
Moenie dat die naam Platteklip jou mislei nie – die roete is allermins plat! Hoewel dit die veiligste roete tot bo-op Tafelberg is, het heelwat stappers al hulle moses teëgekom aan die voorkant van die berg. Gaan stap liefs vroegoggend of in die agtermiddag wanneer die son nie so giftig brand nie.
Die eerste 300 m klim deur digte fynbos al langs ’n stroompie tot by ’n kruising met die kontoerpad. Volg die kontoerpad na links vir sowat 100 m tot waar die Plattekliproete na regs opdraai. Van hier af is die sigsagroete tot bo duidelik sigbaar.