book-icon Uitgawe Mei 2020
Deel

Kamp in die rooi Kalaharisand

akkreditasie

Net ’n paar kilometer buite Askham is ’n kruising met ’n paar huisies in die veld waar jy regs draai na die Kgalagadi. Die plekkie se naam is Andriesvale, maar hier is nie veel meer as ’n algemene handelaar nie.

Die Molopo-lodge lê ’n kilometer verder links teen die pad. Die netjiese grondpad van 350 m tussen die teerpad en die lodge is glad nie sleg nie, en die immergroen waaierpalms langs die grondpad is ’n voorskou van wat by die lodge wag.

By die hek wapper ’n paar Suid-Afrikaanse vlae en ’n verdwaalde Britse een, en daar is ’n paar arendbeelde op pilare. As ’n mens na die plek kyk, verstaan jy hoekom dit so gewild is onder kampeerders. Dit is deel van die N.C. Famous Lodges-groep wat plekke insluit soos die Letsatsi-lodge by Vanrhynsdorp, die Tshahitsi-lodge op Upington en die Vischgat-wildlodge, ook hier in die Kalahari. Werklik puik verblyf.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan