Die 10 Wêrelderfenisgebiede
Die 10 Wêrelderfenisgebiede

1. Richtersveld: Kulturele en botaniese omgewing

Hoekom? In hierdie uitgestrekte bergwoestyn kan jy tradisionele Namahuise sien (draagbare riethuisies wat |haru oms genoem word). 

Kontak: 027 831 2013 (Khuboes); 027 851 7108 (Eksteenfontein); richtersveld-conservancy.org

Foto: Marcelle van Niekerk
Foto: Marcelle van Niekerk

2. Robbeneiland  

Hoekom? Hierdie plek waarheen politieke gevangenes in die vorige bedeling verban is, is ’n belangrike hoofstuk van ons geskiedenis. Die oorblywende tronkgeboue is simbolies van hoe ’n drang na vryheid die juk van onderdrukking kan afgooi. Vanaf Julie 2020 af styg die tariewe tot R400 (tans R380) vir Suid-Afrikaners en R600 (tans R550) vir buitelanders.

Kontak: 021 413 4200; robben-island.org.za 

3. Kaapse blommeryk

The Cradle of Humankind, Maropeng, archeology, Wor
Foto: Sam Reinders

Hoekom? Want niemand het soveel plantspesies soos die Kaap nie! Hierdie gebied strek van Tafelberg tot ander kant die Baviaanskloof. Die Kirstenbosch- botaniese tuin gee ’n voorsmakie van die uiteenlopende fynbos wat deur die hele streek voorkom. Kirstenbosch is die eerste botaniese tuin wat tot Wêrelderfenisgebied verklaar is.

Kontak: 021 799 8783 (Kirstenbosch); sanbi.org

4. Khomani se kulturele landskap

Hoekom? Hier kan die Khomani-San hulle tradisies sonder enige inmenging beoefen. Die meeste lede praat Khoekhoegowap en Afrikaans, met net ’n handjie vol wat nog die oeroue taal, N|u, magtig is. 

Kontak: 087 285 4299 (Dirk Pienaar); khomanisan.com

5. Vredefortkoepel

Hoekom? Dis die grootste (40 km breed) en oudste (2 023 miljoen jaar!) meteorietimpakstruktuur waarvan ons weet.

Kontak: 082 891 7163; 056 811 2078 (Jan Fourie); vredefortdome.org

6. Wieg van die Mensdom

The Cradle of Humankind, Maropeng, archeology, Wor
Wieg van die Mensdom
The Cradle of Humankind, Maropeng, archeology, Wor
Wieg van die Mensdom

Hoekom? In 1947 het Robert Broom en John T. Robinson die Australopithecus africanus-fossiel bekend as “Mev. Ples” in die Sterkfonteingrotte ontdek – dit was die eerste van vele vondste, wat rofweg gesproke bewys dat ons almal eintlik van Gauteng af kom...

Kontak: 014 577 9000/078 160 2960; maropeng.co.za

7. Maloti-Drakensbergpark

Hoekom? Dis mooi! Verken die hoogliggende grasvelde en rotsravyne te voet, of slaap oor in een van vele verblyfopsies en geniet eenvoudig die uitsigte van jou stoep af.

Kontak: 033 845 1000; kznwildlife.com

8. Makhonjwaberg  

 BarbertonMakhonjwa-georoete
Barberton Makhonjwa-georoete. Foto: Erns Grundling

Hoekom? Hierdie berge is die versteende geskiedenis van ons planeet en het van die oudste klippe op aarde: dis tot 3,6 miljard jaar oud! Ry sommer self die 38 km lange Barberton-Makhonjwa-georoete van Barberton af tot by Josefsdal op die R40; daarvandaan mik jy na Bulembu op die eSwatini-grens.

Kontak: 013 712 6490; geotrail.co.za

9. iSimangaliso-vleilandpark  

Hoekom? Hier is vele habitatte op een plek – van die see tot riviermondings, digte woud en wildryke grasvlaktes. Jy kan skilpaaie, walvisse, dolfyne, olifante, buffels, renosters en meer as 500 verskillende voëlspesies sien. 

Kontak: 035 590 1633; isimangaliso.com

10. Mapungubwe- kulturele gebied

The Cradle of Humankind, Maropeng, archeology, Wor
Mapungubwe- kulturele gebied

Hoekom? Dit was die hartland van Suid-Afrika se eerste koninkryk (in die 13de eeu) toe ’n gesofistikeerde samelewing hier handel gedryf het in goud en ivoor.

Kontak: 015 534 7923; sanparks.org