book-icon Uitgawe Julie 2020

Klassieke reisplan: Jy, Moremi en Chobe

akkreditasie
’n Mens het ’n 4x4 nodig om die stampe en stote van die paaie in die Chobe-nasionale park en die Moremi-wildreservaat baas te raak. Dus is ’n rit in ’n mokoro 
’n lekker bederf as die geleentheid hom voordoen.
’n Mens het ’n 4x4 nodig om die stampe en stote van die paaie in die Chobe-nasionale park en die Moremi-wildreservaat baas te raak. Dus is ’n rit in ’n mokoro ’n lekker bederf as die geleentheid hom voordoen.

As ’n hele dag se ry jou nie afskrik nie, sal dit uit Gauteng ’n láng dag vat om tot op Maun te ry, en van Kaapstad af twee volle dae (twee of drie maak meer sin).

Vertoef dus eers ’n dag op Maun voordat jy die gramadoelas aanpak. Maak jou inkopielys terwyl jy aansit vir ontbyt by die Tshilli Farmstall op die hoek van die Sir Seretse Khamapad en Motshabastraat. Probeer die Full Tshilli Farmstall-ontbyt met ’n glas van die bobaas yskoffie.

Maun het twee Spar-supermarkte en ’n Clicks-apteek waar jy al jou inkopies kan doen. Tent in jou oprit vergeet? Klop aan by Kalahari Kanvas in Mathiba I-straat, of by die Landmark langs die Sekgomapad. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan