book-icon Uitgawe Augustus 2019
Deel

Klowe, kuns en koeie

akkreditasie

Op Graskop sien ’n mens hoofsaaklik vier soorte verkeer in die strate: Oorsese toeriste op pad na Harrie’s Pancakes; curio-verkopers wat dié toeriste se aandag probeer trek; oorlaaide houttrokke wat deur die dorp rammel; en koeie.

Ek staan in die Sunlight Art Gallery in Hoofstraat; ’n bees drentel verby. Griet van der Meulen, die galery-eienaar, ook bekend as Griet van Graskop, bars uit van die lag toe die koei stilstaan op die sypaadjie, geraam deur die winkelvenster. Is dit nou lewende kuns?

“Toe ek jonk was, het ek myself belowe ek gaan wegkom uit dié dorpie,” sê Griet laggend. “Maar om eerlik te wees, dit voel amper asof die plek aan my behoort. My oupagrootjie was immers een van die stigters.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan