
Dis 5 stapsessies – tussen 8 km en 16 km – oor 4 dae. Die roete bestaan uit een laatmiddag-staptog (wat opsioneel is) op die eerste dag, twee vroegoggend (nog donker) staptogte en twee staptogte in die nag.
Ons kamp op Bergvallei-plaas vir die 4 aande. Deur die dag rus ons in die bome se koelte, lees boek of vat 'n middagslapie. Hier is ’n lieflike ou sementplaasdam om in af te koel. Almal kamp met hulle eie beddegoed en tente.
Ons maak gebruik van die plaashuis se badkamers en kombuis. Ons kan in die dag in die huis kuier, maar daar is ongelukkig nie genoeg slaapplek om almal te akkommodeer nie en daarom kamp ons. Al die paaie is tweespoorpaaie in klowe en op rantjies met asemrowende uitsigte. Jy kan alleen of saam met iemand stap.
Dag 1: Kort middagstap, 8 km (opsioneel)
Dag 2: Lang oggendstap, 17 km
Dag 3: Kort oggendstap, 10 km; lang aandstap, 14 km
Dag 4: Lang aandstap, 16 km
TOTAAL: 65KM
• 3 etes per dag. Dit sluit in aandete op dag 1 tot ontbyt dag 5.
• Koffie en tee met ontbyt en aandete
• Op sekere stappe bou jy jou eie toebroodjie, bestanddele word verskaf.
• Tent en beddegoed
• Kopliggie met ekstra batterye
• Gemaklike staptekkies (trail runners, nie hiking boots) en klere
• Sonhoed en sonskerm
• Warm klere vir die aande
• Ligte windbreaker en reënjas
• Swembroek
• Eetgerei, beker en plastiekbakkie met ’n deksel vir wegneemetes
• Handdoek en toiletware
• Kampstoel
• Kamera en verkyker (opsioneel)
• Leesboek
• Drankies en peuselkos
Datums: 2020 (Nou oop vir bespreking)
• 7- 11 Maart 2020
Koste: R4435 p.p.
Akkommodasie: Almal kamp met hulle eie beddegoed en tente
Maksimum van 18 stappers
'n Bakkie of sportnutsvoertuig met goeie grondvryhoogte word benodig om tot by Bergvallei se plaashuis te ry.
Dag 1
Almal arriveer na 2 nm. en skop nes op die plaaswerf van Bergvallei. Middagstap van 8 km (opsioneel) ±2½ uur , begin ongeveer 4 nm. stap
Maansopkoms: 5:42 nm. Sonsondergang: 6:56 nm.
Dag 2
Oggendstap van 17 km; ±6 uur. Ons begin ongeveer 3:30 vm. stap.
Maansondergang: 4:33 vm. Sonsopkoms: 6:23 vm.
Dag 3
Oggendstap 10 km; ±3 uurBegin ongeveer 4:30 vm. stap. Maansondergang: 5:44 vm. Sonsopkoms 6:24 vm.
Aandstap van 14km; ±6 uur. Begin ongeveer 4 nm. stap. Dié aand eet ons ’n wegneemete.
Sonsondergang 6:53 nm. Maansopkoms 7:08 nm.
Dag 4
Aandstap 16 km; ±6 uur. Begin ongeveer 4 nm. stap. Dié aand eet ons ’n wegneemete.
Sonsondergang 6:52 nm. Maansopkoms 7:47 nm.
Dag 5
Ontbyt is om 8 vm. voordat ons totsiens sê.