Die Tankwa-Camino strek oor 250 km grondpad en vlaktes tussen Calvinia en Ceres. Jy ervaar een van die droogste en hartverskeurend mooi landskappe in Suid-Afrika op die beste manier denkbaar: voetval vir voetval. Dié staptog van tien dae is genoem na die bekende pelgrimstog wat eindig by die Santiago de Compostela-katedraal in Noordwes-Spanje. Mens stap sowat 25 km per dag. Hier's wat jy moet weet:

Hoe werk dit?

Die Tankwa-Camino is ’n slenterstap. Jy dra net ’n dagsak – die kamptoerusting word tussen die oornagplekke aangery. Daar’s ’n volledige paklys op tankwacamino.com, maar dié items was onontbeerlik:

Fles. Sodat jy enige plek langs die pad kondensmelktee kan maak.

Skoene. Die meeste stappers het drie paar skoene ingepak – stapskoene, stapsandale soos Rocky en plakkies of Crocs.

Pasop vir blase. Ongeag in watter voorsorg jy glo – verdubbel jou voorraad. Sinkoksied-pleisters was vir my ’n wenner!

Oorpluisies. Die tente staan na aanmekaar...

Kampstoel. Bring die beste een wat jy in die hande kan kry – nie ’n driepootstoeltjie soos wat ek gepak het nie. Glo my, ná 25 km se stap soek jy die kampweergawe van ’n groot La-Z-boy.

Wasdag. ’n Vyfliterplastiekhouer vir warm waswater (en moeë voete – gooi Engelse sout by).

Lipsalf. Jou lippe word behoorlik gelooi deur die son.

Prys: Die staptog is seker die goedkoopste tien dae lange vakansie. Dit kos R3 500 p.p. (aandete ingesluit).

Wanneer: Daar is verskillende datums in 2016, maar jy moet reeds jou naam op 'n waglys plaas! 

Kontak: info@tankwacamino.com of besoek die webtuiste tankwacamino.com

Ek wil nie stap nie..

As jy eerder die R355 wil ry, bly hier oor:

Karmedo River Lodgekarmedo.com

Tankwa- nasionale park, sanparks.org

Hammelhoek- private wildreservaat, hammelhoek.co.za

Voetnota: Die R355 is berug daarvoor dat hy binnebande verslind. Sorg dat jou domkrag en noodwiel in is. As jy plek het, kan jy sommer nóg ’n noodwiel inpak. 



Afstande:

Dag 1:

23 km. Van Calvinia, S31°47.532' E19°77.174' na Boskloof, S31°38.741' E19°44.347'

Dag 2:

28 km. Van Boskloof, S31°38.741' E19°44.347' na Kleinbrak, S31°51.652' E19°44.683'

Dag 3:

27 km. Van Kleinbrak, S31°51.652' E19°44.683' na Witkloof, S32°04.512' E19°41.994'

Dag 4:

26 km. Van Witkloof, S32°04.512' E19°41.994' na Onder-Stompiesfontein, S32°17.350' E19°39.671'

Dag 5:

28 km. Van Onder-Stompiesfontein, S32°17.350' E19°39.671' na Witwalle, S32°31.481' E19°41.471'

Dag 6:

29 km. Van Witwalle, S32°31.481' E19°41.471' na Grootdam, S32°46.503' E19°44.819'

Dag 7:

27 km. Van Grootdam, S32°46.503' E19°44.819' na Beukesfontein, S33°00.455' E19°46.268'

Dag 8:

21 km. Van Beukesfontein, S33°00.455' E19°46.268' na Karoopoort, S33°13.081' E19°42.207'

Dag 9:

31 km. Van Karoopoort, S33°13.081' E19°42.207' na Rhodona, S33°17.916' E19°26.079'

Dag 10:

15 km. Rhodona, S33°17.916' E19°26.079', Ceres, S33°21.555' E19°18.325'
 
Totaal = 255 km