
Die ATKV-oorde is perfek vir bekostigbare gesinsvakansies, en kan nie wag om jou te bederf met ’n welverdiende blaaskans nie.
2020 is ’n jaar wat ons altyd sal bybly. Die lewe soos ons dit geken het, het handomkeer verander. Die Covid-19-pandemie het veroorsaak dat die skerp reuk van ontsmettingsmiddels en die anonimiteit wat gesigmaskers verskaf die nuwe normaal geword het.
Ná ’n uitmergelende grendeltyd en ’n yskoue winter is die meeste van ons maar bleek, moeg vir ons huis en lus vir ’n lekker wegbreek. En waar dan beter as by ’n vriendelike, veilige ATKV-oord?
Geleë in sommige van die mooiste dele van ons land, en omring deur kulturele juwele, erfenisterreine en ander opwindende toeriste-aantreklikhede, is daar sewe oorde waar gaste verwelkom word met ongeëwenaarde gasvryheid.
Die Covid-19-pandemie en die staat van inperking het Suid-Afrikaners maande lank in die huis en die buurt vasgekeer en vakansiebestemmings soos die ATKV-oorde was gesluit. Nou, danksy die verslapping van die regulasies, is dié beproewing eers verby en kan jy weer jou woonwa haak, jou swembroek gryp en vir ’n paar dae by enige van die sewe spoggerige oorde gaan uitspan. Dis boonop bekostigbaar.
Nie-lid-promosie
Vat 'n veilige Covid-19-blaaskans en kom vier die warmer weer by ATKV-oorde.
Kry tot 25% afslag op sekere eenhede wanneer jy hierdie Oktober aanlyn bespreek.Geldig vanaf 1 tot 31 Oktober met aankoms- en vertrekdatum vanaf 1 tot 31 Oktober. Bepalings en voorwaardes geld. Langnaweke en skoolvakansies uitgesluit. Spesiale aanbod slegs beskikbaar aanlyn.Waarvoor wag jy?
Jou gunsteling-huis-weg-van-die-huis wag op jou aankoms, en streef daarna om 'n veilige en skoon omgewing te bied.
Die ATKV-oorde is perfek vir bekostigbare gesinsvakansies, en die oordpersoneel kan nie wag om jou te bederf met ’n leeftyd se vakansieherinneringe nie. Hou gerus ons sosialemediakanale en webwerwe dop om op hoogte te bly van sakpasaanbiedings.
Lees meer: www.atkvoorde.co.za/promosies