book-icon Uitgawe April 2018
Deel

Krugerwildtuin: Kamp al teen die draad af

akkreditasie

Die noorde van die Krugerwildtuin is stiller as die suide en ook verder weg van die groot stede soos Pretoria en Johannesburg. Dit is olifant- en buffelwêreld, en die digte bosveld wat ’n mens in die suide teëkom, maak hier plek vir plate mopaniebome.

Wanneer jy in die noorde kom kamp, is die staanplekke teenaan die kampheining die eerste prys – net soos in die res van die Kruger.

By Satara kan jy een van ’n goeie 20 gelukkiges wees wat kan nesskrop teen die lynreguit heining van 300 m lank, maar by Shingwedzi staan sake effens anders: Hier word die 26 staanplekke teen die heining deesdae vooraf toegewys én jy betaal ekstra vir die voorreg om nader aan die wild te staan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan