Deel

Jy kan nou op Google Street View na Sanparke loer

akkreditasie

Dit beteken jy kan nou agter jou rekenaar sit en Tafelberg “klim”, of die Otterroete “stap” en ja, selfs wild sien. Hier’s die volle galery beeldmateriaal, en hier is ’n databasis waar jy maklik vir ’n spesifieke roete kan soek.  

Meer as 200 vrywilligers – baie van hulle veldwagters van Sanparke, Kaapse natuurbewaring en KZN Ezemvelo Wildlife – het binne ’n jaar sowat 50 000 km afgelê om die beeldmateriaal vas te vang. Die projek is deel van Google Street Views se kamera-leenprogram, wat mense aanmoedig om die tegnologie van 360 grade-kameras te gebruik om die hele planeet te karteer. 

Drive South Africa het gehelp met die projek deur die vrywilligers te koördineer. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan