Verskeie soorte daktente is beskikbaar: Party het ’n dop van veselglas wat aan die een kant opwip, terwyl ander met die druk van ’n knoppie oop- en toekonsertina.
Wat Front Runner se daktent gewild maak, is die eenvoud en lae gewig daarvan. Veral laasgenoemde is belangrik as jy ’n kompakte sportnutsvoertuig ry wat nie ’n swaar vrag op die dak kan dra nie. Maar selfs mense wat groot en sterk viertrekvoertuie besit, hou van hom, want hy lyk ewe tuis op ’n savanne as onder ’n kameeldoringboom.
Ons het ’n week lank met ’n Front Runner-daktent op ’n Renault Duster getoer en snags in die tent geslaap. Hulle klink dalk soos vreemde pasmaats, maar dié kombinasie maak ekonomies sin omdat albei bekostigbaar is en Jan Alleman nie noodwendig lus voel vir ’n omgeboude ekspedisievoertuig nie.