Ek hou van die klimaat op Amanzimtoti. Ons het nie regtig winters nie en die strand is altyd daar, gratis om te geniet.
Ons gesin – my vrou, Karmen, en ons drie kinders, Liam (10), Zoe (8) en Caleb (7) – is mal oor Baggies Beach, oftewel Warner Beach se swemstrand. Die seeswembad (foto bo) is ideaal vir kinders. Ek kan ook op die strand stap met Max, my staffie. Dis ook my gunstelingplek naby my huis om met my drone foto’s te neem.
Ek het al só baie in hierdie swembad geswem, maar was verras om te sien hoe dit van bo lyk.