Bespreek aanlyn vir Februarie 2021 by enige van die ATKV se sewe pragoorde, en kry 10% afslag.

Vra maar vir enigiemand wat hy of sy die meeste tydens die staat van inperking gemis het, en die antwoord gaan waarskynlik wees: Vryheid. Die vryheid om provinsiale en selfs nasionale grense oor te steek. Om sorgelose dae langs die viswater te kan deurbring of te kyk hoe die branders aangerol kom, terwyl jy met jou tone in die sand grawe en die seemeeue bo jou kop swiep.

Die Covid-19-pandemie en die staat van inperking het Suid-Afrikaners maande lank in die huis en die buurt vasgekeer en vakansiebestemmings soos die ATKV-oorde was gesluit.

Alhoewel die ATKV-oorde ook in isolasie was, het die inperking ’n nuwe manier van leef en dink geverg, maar tog die organisasie die geleentheid gebied om van nuuts af te kyk na die besigheid en hoe hulle ’n beter produk en diens aan die Suid-Afrikaanse vakansiemark kan bied.

Dit is vir die ATKV belangrik dat gesinne in gemak kan kom uitspan ná die druk wat op alle Suid-Afrikaners geplaas is weens die pandemie.

Nou, danksy die verslapping van die regulasies, is dié beproewing eers verby en jy kan weer jou woonwa haak, jou swembroek inpak en vir ’n paar dae by enige van die sewe  spoggerige oorde gaan uitspan.

Maak nou gebruik van die vinnig-spring-aanbod

Geiet die somerson by ATKV-oorde. Bespreek aanlyn vir Februarie 2021 by enige van die sewe pragoorde, en kry 10% afslag.

Bepalings en voorwaardes geld. Langnaweke en skoolvakansies uitgesluit.

Waarvoor wag jy?

Die ATKV-oorde sal steeds met die “nuwe normaal” streef om te verseker dat al die gaste hulle vakansies ten volle geniet. Hulle wag om u te verwelkom.

Besoek gerus www.atkvoorde.co.za vir meer inligting of bespreek aanlyn by https://www.atkvoorde.co.za/bespreek/