Ek en my man, Juandré, het ’n paar maande gelede na Thabazimbi getrek en ons het met ’n swaar hart ons familie in Hartbeespoort agtergelaat. Maar ons het gou iets gekry om die verlange te stil: Die Marakele- nasionale park is net tien minute se ry ver.

Sou die park ooit pryse vir die mees gereelde besoekers uitdeel, sal ons loshande wen. Ons het vinnig ’n liefde vir voëlkyk ontwikkel en ons lysie staan tans op 110 spesies – kyk net hierdie mooi paradysvlieëvanger! Die voëls het gou familie geword en die berge van Thabazimbi voel nou soos huis.

SKRYF AAN ONS EN WEN!

Mardene wen ’n stel Zartek ZA-730-tweerigtingradio’s ter waarde van R1 900. Elke radio weeg 110 g, het 199 kanale en ’n batterylewe van 20 uur. Dit het ’n reikwydte tot op 6 km, afhangende van die terrein en lewer duidelike klank.

zartek.co.za

Gesels met ons

Skryf aan redakteur@weg.co.za. Jy ken die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee asseblief jou voornaam, van én tuisdorp. As jy ’n foto aanheg, maak asseblief seker dis groter as 2 MB.

Weg behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort en op ons webruimte te plaas.