book-icon Uitgawe Februarie 2019

’n Grensverhaal vol wilde wonders

akkreditasie

Die noordoostelike hoek van KwaZulu-Natal is ’n unieke plek. Die kuslyn van 220 km tussen St. Lucia en Kosibaai val onder die beskerming van die iSimangaliso-vleilandpark, Suid-Afrika se eerste Wêrelderfenisterrein.

iSimangaliso beteken in Zoeloe “wonderwerk” en die gebied is inderdaad propvol unieke verskynsels. Welige kuswoude omring varswatermere vol krokodille en seekoeie, terwyl ongerepte strande die enigste plek in die land is waar seeskilpaaie hulle eiers kom lê.

Die seewaters aan dié stukkie kuslyn is van die land se gewildste duikbestemmings omdat koraalriwwe oorvloedig is. En nie ver van hier af nie kry jy die Tembe-olifantpark, waar die ou grootvoete van die grootste tande op die vasteland het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan