Deel

Oefen vir ’n lang stap met dié drie oefenprogramme

akkreditasie
Gerda Engelbrecht van Weg stap in Maart ’n Camino-roete in Italië en in September hoop ons om ’n groep Weg-lesers saam met ons Spanje toe te neem.

Gebruik hierdie oefenprogram en stap saam met ons! Hierdie avontuur word aangepak saam met Hi-Tec, Trappers, Canon, Atlasware en Caminoways.com.

As jy elke keer verlangend na stories oor die Otter-staproete of die Camino luister en dink jy sal dit nóóit maak nie, het ek vir jou goeie nuus.

Ek is heilig oortuig as ék ’n Camino kan stap (ek het in September 2017 sowat 320 km in 13 dae gestap), kan die meeste van ons lesers dit ook maak. Maar ek was nie so dom of dapper om dit sonder oefening aan te pak nie. Toe die moontlikheid van ’n tweede Camino-avontuur (dié keer op die Via Francigena in Italië) oor my pad kom, het ek die veters vasgemaak en in die pad geval. Ek meen, as dit pap reën, moet jy fiks genoeg wees om te skep.  

Die Weg-span deel ’n kantoor met die fikse verslaggewers van Runner’s World, Bicycling SA, en Men’s en Women’s Health. Dis gesellige, kleurvolle redaksies wat dikwels in lycra op kantoor rondhang om oefenvideo’s te skiet. My kollegas van Women’s Health was baie opgewonde oor my voorgenome gesondheidsbekering en het my in die rigting van hierdie oefenprogramme gestuur. Hulle kry dit van kenners die wêreld oor. 

Die eerste een is net om aan die gang te kom. Gebruik dit as jou langste oefening tans van die parkeerterrein tot in die kantoor is. As jy eers ’n bietjie aan die gang is, kan jy oorskuif na die tweede program. Daardie program is eintlik ontwerp vir drawwers wat vir ’n halfmarathon (21 km) oefen, maar die afstande werk vir stappers ook.

My kollegas van Women’s Health was baie opgewonde oor my voorgenome gesondheidsbekering en het my in die rigting van hierdie oefenprogramme gestuur.

Die derde oefenprogram is vir die uitskieters – die “hoërgraadgroepie” wat al kan aanskuif na ’n ernstiger oefenprogram. Dit is eintlik ’n 20 week-oefenprogram vir stappers wat ’n marathon (42 km) wil aflê, maar dit sal jou topfiks maak vir die Camino. As jy eers in September gaan stap, sal jy genoeg tyd hê om van die oefenprogramme agtereenvolgens te volg. 

Die basiese beginsel van die oefenprogramme

Jy gaan nooit vinnig stap op die Camino nie, maar jy moet jou lyf kondisioneer om elke dag te stap en gewig te dra.

Dis nogals kwaai op jou lyf om élke dag te stap. Die mikpunt van hierdie oefenprogramme is dus nie spoed nie, maar “tyd op jou voete”. Probeer om gereeld te stap op weekdae, al is dit korter afstande, en oor naweke een langer stap aan te pak. Maak die naweekstap ’n kleedrepetisie vir die Camino. Gebruik dit om jou toerusting te toets (skaaf die rugsak?) en jou stewels in te loop. Sluit bulte by jou roete in!   

Die beginnerstapprogram (vir die skilpadgroepie)

Hoe vinnig moet jy stap? Verbeel jou jy is laat vir ’n afspraak en moet jou pas effens versnel om betyds te kom. (Die pas waarmee jy uit die skool gevlug het as die 14:00-klok lui, is te vinnig.)

*Bulte: Soek ’n bultjie in jou omgewing van so 150 meter. Stap hom armswaaiend op, maar slenter hom af om jou asem terug te kry. Herhaal. ’n Hardloopmasjien in die gimnasium kan ook werk. 

Die 21 km-stapprogram (vir die hasiegroepie)

Die 20 week-marathon-stapprogram (vir die cheetah-groepie)

* Begin eers met hierdie oefenprogram as jy al vir ’n ruk lank minstens drie dae per week geoefen het en jy al gemaklik ’n 10 km kan stap. As die tyd min raak voor jou Camino, doen week 1 tot 9 en weer die laaste twee weke, maar lê op minstens een Dag 7 ’n afstand van sowat 20-25 km af. 

* X-oefen: Die Engelse noem dit “cross training” of “Xtraining”, maar ons het vasgeval met die Afrikaans. Dit beteken dat jy op dié dag jou oefenprogram afwissel. Jy kan dus fietsry, swem, muurbal speel of in die gimnasium oefen.