In 2012 is die wêreld se aandag geprikkel deur foto’s van boere in China se Sichuan-provinsie wat peerbome met die hand bestuif. Dit het die mensdom gedwing om ons afhanklikheid van bye te besef.
Weens plaagdoders, habitatverlies, besoedeling en klimaatsverandering trek dié bestuiwertjies ál swaarder. “Red die bye!” gons dit die wêreld oor.
Gelukkig het Suid-Afrika steeds ’n gesonde bevolking wilde bye, en die Overberg met sy aangeplante gewasse en digte fynbos is een van die streke waar byeboerdery deesdae ’n lewensvatbare bedryf word.