Deel

Op pad oorsee vir ’n pelgrimsreis? Hier is jou paklys

akkreditasie
Geborg: Ongeag of jy die Spaanse Camino of ’n pelgrimsreis in Italië aanpak, jy kan net die broodnodigste met jou saamdra. Hier is die paklys van alles wat jy nodig het.

Weg se reis word moontlik gemaak deur Trappers, Canon, Hi-Tec, Rehidrat, Atlasware en caminoways.com.

Volg hierdie reëls as jy inpak

• Stappers ken die gesegde: To walk far carry less. Jou rugsak moet minder as 10% van jou liggaamsgewig wees, vir vroue ’n maksimum van 6 kg tot 8 kg, en vir mans hoogstens 10 kg.

• Al wat jy nodig het, is die stel klere aan jou lyf plus een skoon stel klere in die rugsak. (Een aan die bas, een in die tas.)

• Jy neem niks “vir ingeval” saam nie. Europa is vol winkels as jy iets onverwags nodig kry.

• Jy pak van alles die kleinste hoeveelheid in: ’n mini-botteltjie sjampoe, ’n piepklein buisie tandepasta. As dit op is, vervang dit.

• Verwyder alle verpakkings. Hou goed droog in ziplock-sakkies.

• Kyk uit vir artikels wat meer as een funksie kan hê – bv. ’n skibroek waarin jy ook kan swem of slaap, of ’n sarong wat ook as ’n handdoek kan dien.

Die spesifieke vereistes van die Italiaanse pelgrimsreis

Die “Italiaanse Camino”, oftewel die Via Francigena, verskil in baie opsigte van die Camino de Santiago in Spanje. 

Nadat ek ’n bietjie opgelees het oor die roete, het Weg spesifieke borge genooi om deel van hierdie avontuur te wees. 

Waar sowat 250 000 pelgrims jaarliks die Camino in Spanje voltooi, stap net 2500 pelgrims die Via Francigena. Die infrastruktuur is daarom baie minder. Hier is die lys van spesiale dinge wat ek vir Italië inpak.

• Die Via Francigena het nie dieselfde kultuur van pelgrimherberge as Spanje nie en pelgrims is op kloosters, B&B’s en hotelle aangewese vir verblyf. Caminoways.com het weer ingestem om vooraf my verblyf te bespreek. Dit beteken ek kan vir my bekommerde mense by die huis ’n lys gee van waar ek op watter datum behoort te wees. Dit beteken ook dat ek nie ’n swaar handdoek en slaapsak hoef saam te dra nie.

As jy soortgelyke verblyf by Caminoways.com bespreek, kan jy op 500 euro (R7500) per week begroot. Dit sluit in: verblyf in ’n en suite-kamer, ontbyt, en die vervoer van jou rugsak na die volgende oornagdorp.

Caminoways.com het die hele Via Francigena in 90 skofte ingedeel, en jy kan hul dienste op al die dele van die roete gebruik.

Caminoways het vir my die gidsboek en pelgrimspaspoort gestuur.

• Die roete op die Via Francigena is nie so goed gemerk soos die een in Spanje nie, waar duidelike geel pyle jou oor 750 km lei. Boonop waarsku die gidsboeke jou dat ’n verkeerde afdraai maklik ’n 18 km-skof in ’n 30 km-nagmerrietjie kan verander. Die buitelewewinkel Trappers het voorgestel ek neem ’n Suunto Spartan saam. 

Die Suunto Spartan.

Ek speel sedert Januarie héérlik met die horlosie. Die Suunto is ’n GPS-horlosie wat jou roete as ’n video “vaslê”, en jou eie foto’s met die video kan kombineer. Kyk hier hoe het ek een Saterdagoggend in Kaapstad geoefen.  

Maar ... belángriker ... Jy kan vooraf roetes as GPX-lêers op die horlosie laai. Ek het ’n bietjie gegoogle en die GPX-lêers van ander pelgrims gratis op die internet gevind, wat ek sonder sukkel op die horlosie gelaai het.

Met daardie lêers kan Suunto nou al vir my sê, voor ek ’n voet uit Kaapstad sit, hoeveel bulte ek op elke dag moet stap. Ek het ’n skermgreep gemaak van Dag 1. Daar kan jy sien van waar tot waar ek gaan stap, die hoeveelheid kilometers wat ek gaan aflê, sowel as die meters wat ek op- en afdraand gaan stap.  

Dis hoe Dag 1 gaan lyk.

• Anders as op die Spaanse Camino, waar jy nie ’n kat kan swaai sonder om ’n kroeg of winkeltjie te tref nie, waarsku die gidsboeke jou dat jy in Italië op baie dae al jou kos en drinkgoed moet saamdra omdat daar nie dorpe tussen punt A en punt B is nie.

Atlasware spog al lank by ons dat hul flesse veerlig is en tog drinkgoed tot 24 uur kan koud hou, en warm goed tot 18 uur kokend kan hou. Nadat Atlasware vir my die een fles gegee het om te toets, het ek ’n tweede een gaan koop sodat ek ook kookwater kan saamdra. (Dit werk wonderlik en kos ’n fraksie van die prys van hul mededingers se produkte.)

Ek besef dit sal tragies wees as ek kitsnoedels in Italië moet eet, maar ek kan darem wraggies nie ’n dag lank loop sonder ’n koppie koffie nie. Nou het ek een fles vir koue drinkgoed, en een fles vir kookwater.

Atlasware

• Ek het die Spaanse Camino verlede jaar met veldlooptekkies (“trailrunning shoes”) geloop, maar ’n spier beseer omdat ek nie lekker op die afdraand kon vastrap nie. Hierdie reis gaan my oor die berge en dale van Toskane neem, en daarom het ek besluit om die Hi-Tec Altitudes saam te neem.

Ek het die stewels oor minstens 300 km ingeloop. As jy belangstel in hoe ek tussen die twee gekies het, lees hier.

Omdat die gidsboeke noem dat jy dikwels kniehoogte strome moet oorsteek, het Hi-Tec ook vir my ’n paar stapsandale gegee. Nou kan ek ook in die middae op my oornagdorp die stewels vir iets ligters verruil.

Stewels en sandale.

• Ek is totaal en al kameraversot en het op my Spaanse Camino die Canon M5 (’n spieëllose kamera) gebruik.

Canon SA het onlangs die Canon M100 in Suid-Afrika bekendgestel en vir my een van die M100’s geleen. Dis ook ’n spieëllose kamera, maar nog kleiner en ligter as die M5. Die M100 bied egter steeds die opsie dat jy lense kan ruil.

Saam met die standaardlens (die “kit lens”) van 15-45 mm, het Canon ook vir my die 55-200 mm-zoemlens geleen. Die lekkerste eienskap van Canon se spieëllose kameras is egter dat jy ook jou DSLR-lense met ’n spesiale ring aan die kamera kan vasskroef.

Ek sal dus op die nippertjie my sak weeg en besluit of ek ook nog my gewone Canon 10-20 mm-wyehoeklens gaan inpak. Uit ervaring weet ek ... iewers staan daar ’n katedraal op ’n plein waar ek nét met my wyehoeklens gaan regkom.

Saam met die kamera pak ek ook ’n piepklein driepoot en ’n ekstra 32 gig-geheuekaart in. 

Die Canon M100 en 'n ekstra lens.

Moenie jou laat flous nie – nie alle rugsakke is dieselfde nie. Trappers het vir my terra-firma se Uhuru as geskenk gegee. Dis ’n 30 + 5 liter-rugsak (30 liter, wat oopgerits kan word om jou ekstra pakplek van 5 liter te gee). Die sak is ’n droom! 

• Dis so ontwerp dat die gewig op jou heupe rus, en nie op jou rug of skouers nie.

• Die Air-Flo-harnasstelsel hou van die hitte weg van jou rug af.

• Die binneste kompartement kan as een groot sak gebruik word, of met ’n ritssluiter in twee kompartemente verdeel word.

• Daar is twee ekstra sakkies op die heupbande (vir jou sakkies Rehidrat, pleisters en ’n sjokoladestafie), en ’n ekstra sakkie bo vir waar jy ’n bietjie kontant kan byderhand hou. 

• Die Uhuru het sy eie reënjakkie, wat in ’n gaatjie onder die sak weggevou word.

• Die sak het lussies vir jou stapstokke.

• Jy kan die rugsak saam met ’n interne watersak ("bladder") gebruik, maar ek verkies om my vloeistof in bottels in die kantsakke saam te dra. Die rugsak sal dalk klein lyk in die winkel, maar ’n groter sak gaan jou in die versoeking stel om te veel onnodige goed in te pak.

Die terra-firma Uhuru.

• As jy sonder Rehidrat die berge wil invaar ... Sterkte!

Rehidrat was ook ’n vennoot op my Spaanse reis en ek is verlief op die produk. Die pakkies is omtrent so groot soos ’n suikersakkie en kan in ’n broeksak gestop word, en proe nie so soet soos daai gekleurde energiedrankies nie.

As jy ver of in bloedige toestande geloop het, help Rehidrat om vinnig die elektroliete in jou liggaam “terug te sit”. 

Rehidrat Sport.

Hier is my volledige inpaklys

As jy dit as ’n PDF wil aflaai, klik hier.

Jou inpaklys

1 x Terra Firma-rugsak (35 liter)

1 x stel stapstokke

Klere

1 x Hi-Tec Altitude stapstewels 

1 x Hi-Tec-stapsandale 

3 x hemde (een aan die bas, twee in die tas)

2 x broeke (een aan die bas, een in die tas)

1 x ligte langmoutop

1 x warm baadjie

1 x reënponcho (groot genoeg om jou én die sak toe te maak)

1 x mussie

1 x sonhoed

4 x stelle onderklere

2 x stapfrokkies en ski-broeke (ek slaap en swem ook hierin)

Ander goed

1 x 500 ml-fles van Atlasware 

1 x 700 ml-fles van Atlasware

1 x blikbeker

1 x blikbakkie

3 x sakkies tweeminuutnoedels 

10 x pakkies kitskoffie/warmsjokolade

1 x teelepel-vurk

1 x knipmes

10 x sakkies Rehidrat

Tegnologie

1 x Canon M100-kamera (met ekstra lens) 

1 x Suunto Spartan-GPS-horlosie 

1 x Selfoon

1 x plastieksakkie (met herlaaikoorde vir die Canon-kamera, Suunto-horlosie en my selfoon, ekstra 32 gig-kamerakaart)

1 x driepootjie

Klein sakkie

1 x paspoort

1 x pelgrimpaspoort 

1 x gidsboek

1 x beursie (bietjie kontant in euro, kredietkaart)

1 notaboekie

2 x penne

Medisynesakkie  

Lugsiekpille

Pleisters

Ibuprofen-pynpille

Room vir seer spiere

Imodiums

Rehidrasiemiddel 

Badkamersakkie


Lees Gerda se blog vanaf Sondag 1 April 2018.

Weg se Via Francigena-reis word moontlik gemaak deur Canon SA,  RehidratHi-Tec,  Trappers en Atlasware.

Caminoways.com reël stap- en fietstoere op verskeie roetes van die Camino de Santiago-roetes. ’n Sesdagreis op die bekende Camino Frances vanaf Sarria na Santiago begin by 420 euro (sowat R7 000) per persoon wat deel. (Vir besonderhede en ’n gratis kwotasie, kontak info@caminoways.com of besoek caminoways.com.)