book-icon Uitgawe Desember 2019
Deel

Overberg-reisplan: Stanford

akkreditasie
Foto: Toast Coetzer
Foto: Toast Coetzer

Klik hier vir die res van dié reisplan.

Beplan jou dinge so dat jy ontbyttyd op Stanford aankom. Graze is verreweg die beste eetplek op die dorp – byna alles op die spyskaart is tuisgemaak en organies, van die eendeier-omelet (R90) tot ’n salm-en-soetmieliewafel (R85). Die restaurant is nie altyd oop nie (sien kassie hiernaas). Indien dit toe is, draai om en gaan sit aan by die Ou Meul by die ingang van die dorp. Die ontbytspyskaart is twee bladsye lank! Hoe klink geroosterde piesangbrood, beethummus op suurdeegbrood of ’n ontbytwrap? Hier’s ook speelplek vir die kinders.

Ry uit na die Phillipskop-bergreservaat teen die Kleinriviersberg en meld aan vir die Watervalroete (4 km). Die roete volg ’n tweespoorpad tot by ’n groot ou klipkershoutboom. Laat die kinders in die takke klouter terwyl julle asem skep by ’n piekniektafel. Van hier af loop ’n voetpaadjie op in die vallei tot by ’n fyn watervalletjie. Net voor die waterval draai ’n paadjie na regs af na die Phillipskopgrot toe – dis die enigste plek langs die Kaapse Walviskus waar jy rotskuns kan sien. As jy hier bo in die grot sit en uitkyk oor die vallei en stroompie, kan ’n mens jou indink hoekom Khoimense hier sou kom bly het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan