book-icon Uitgawe Desember 2018

Leser vertel: Patagonië op eie houtjie

akkreditasie
Chili se Torres del Paine (blou torings) soos gesien van die kristal­helderwater van die Pehoémeer af.
Chili se Torres del Paine (blou torings) soos gesien van die kristal­helderwater van die Pehoémeer af.

Dis vroegoggend op 13 Januarie 2017, Hanlie se verjaardag. Gisteraand was bitterkoud by ons kampplek langs ’n rivier reg onder die Exploradores-gletser.

Ek rits ’n hoekie van die daktent se venster oop. Die eerste sonstrale skyn deur die mis op die gletser. Droom ek nog? Ek knyp myself: Ek ís wakker en ons ís in Patagonië!

Patagonië is ’n streek aan die suidpunt van Suid-Amerika. Dit strek oor Argentinië en Chili en sluit die suidelike deel van die Andesgebergte in.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan