Vir die mense van Prins Albert is reën meer kosbaar as goud.
Met my besoek vroeg in Oktober laasjaar bars die hemele die eerste keer in bykans drie jaar oop.
Die water in die leivore langs die hoofstraat vloei sterk, en dis asof die ganse dorp ’n slaak van verligting gee.